Sy Kom Met Die sekelmaan.

Ek sit in ‘n vreemde land, sonder taal en struktuur. Sonder woorde om my bestaan te beskryf. Ek dra net letsels van jou bestaan, ek dran net herinneringe van jou avonture. My hart is ‘n oop graf. Leef en lewendig. ‘n Geskiedenis in grond gemessel. Net ‘n klank in die bestaan van onnodige geboortes en stemme.

‘n Tikkie leef waarvan jy nie seker is nie. Ek onthou asem… wasem… stoele en tafels… ¬†en gansters.Ontdekkings — ‘n spasie met ruimte vir ‘n opgewonde, naiewe dromer, ‘n lugruim van lig. ‘n Asemteug. ‘n versmoor van waardes en woorde. Klippe wat koggel -koggel tou staan om voor neer te kniel. Klippe wat vorm rondon onrealistiese drome. Oop grafte wat fluister, en aan die slaap sus.Blikkies tabak wat ruik na gister. Fotos in swart en wit wat verdwyn tussen stof, God, en lee beloftes. “My God, My God, waarom het jy my verlaat?”

Vuil monde skertslag vir iets wat was. Lees dinge wat hulle nie onthou nie. Dra gedagtes wat nie aan hulle behoort nie. Gesteel. Verniet. Vergiftig. Verdoof. ‘n Maagdelikheid wat verval in onkunde en fokol kennis. Van liefde weet ek niks. Ek othou God in al sy glorie. Ek onthou my siel wat losgetrek, uitgewas, en gebruik word. My arms vasgebind. ‘n Polsslag wat bloedig vasgekeer word.Ek onthou woorde van mense wat ek nie ken nie. Ek onthou ‘hoor-se’, lig, hitte, God, Lucifer. Strate van goud.. Vure en hitte. ‘n Nagemaakte beeld van lewe. ‘n Opgestopte, vol gestopte wond wat tonge kots. Tonge wat sleep-sleep klank maak en verstik. Mense. Ontdekkings. Reen. Donderweer. Klein druppels val. Groot druppel slaan bons-bons neer van blydskap. Dit les ‘n dors van gulsigheid. Poeletjies modder waarin ek name skryf – name wat verspoel. Dis net ‘n fase. Net nog ‘n frase van ‘n hoofstuk. ‘n Hoofstuk in die oneindigheid van menswees. Jy verkwik my siel. Jy lei my na die dood.

Jy dra stukkies van my taal. Ligbomme van my hart. ‘n dronklag in vuil balkonne en oggendure. In en uit, waar dit blou en rooi word. Geel en pers anderkant die ewenaar. Afgebrande, uitgebrande idees van idees en teorie. Van memories wil ek fokol weet. Ek dra dit in my omdat my maker so beskik het. Ek was my hande in onskuld. My are is oopgesny.. Dit drup ‘n taai rooi. Drink, en spoel jou liggam van my. In stille waansin waar vryheid en geborgenheid sin maak, hardloop ek totdat my asem blaas-blaas besluit om op te raak.

Papier, en plek en land beteken fokol as dit die uitgespoeg word nie. Jy’t op my gemors. In aswalms het jy my rondgewys. Ek kan niks onthou nie. Jy het fokol oorgelos. Net jouself. Jy dra geen bewys, as geeste wat my saam met my getuig en jubel nie. Jy leef elke dag met dit.

Word wakker. Droom. Word wakker. Vasgebind. Gaas. Tou. Lap. 2 sekondes van vrees. 7 Sekondes van ‘n besluit. Agteruit. Lagge hang soos God se gee oor my. ‘n Gemaskerde God. ‘n God wat strome gedagtes in my geboorte gee. Jy droom drom wat nie bestaan nie. Jy klap hande op wysies wat stil-stil verdwyn. Jy bestaan in kraalliedjies en gode. In vure en vrede. Genot en geeste. Jy bestaan in ‘n tongklap en aksent van spraak. Jy dra handgebare wat net jy verstaan. ‘n lieg. Leemtes.

In woede, waansin en wonde. Jy bestaan in sterrekore en sonne. In sekondes dra jy waarheid in jou oe. Jy deel onsekerheid met mense wat jy nie ken nie. Jy fluister stories, fabels en vervloekings.

Jy dra niks minder as die gewig van ‘n memory nie. Jy verstaan veel meer as ‘n klokslag in tyd.. Jy polkdraai in gypsy klanke. Ligsinnig. Fokol gewete. Jy create vrae sonder antwoorde. Jy verwerp en destroy. Jy bou en breek en bewaar stukkies van my onskuld. Jy bestaan in verledes en Nazi vertalings. Jy klop-klop aanhoudend aan deure. Nommer 402. Jy leef van ritme en wetenskap.

Onbeskryflik groot my bestaan van doringdraad en drekke. Onbeskryflik groot van lewe, bloed, land, en dood. Vroumens ! Vlug ! Laat die wind jou dra deur gragte en tekeninge. Laat dit dit jou spoedig neem waar heimwee mooi is. Laat stof jou dan omhels en toevou in harmonie. Vroumens Vlug !

Advertisements